Taalpraktisyn
Tuisblad
Vertaling en redigering (taalversorging) is ’n baie belangrike bedryf in vandag se lewe. Vertaling beteken dat teks in soveel moontlike tale gelees kan word. Redigering beteken dat die teks skoon en foutloos is. Dit kan dus nie verkeerd verstaan word nie.
Daar is plek vir albei in ons moderne wêreld waarin mense in konstante verbinding met mekaar is. My doel is om beide hierdie dienste so gou en presies as moontlik te lewer. Ek vertaal van Engels in Afrikaans en omgekeerd. Ek redigeer ook Engelse en Afrikaanse tekste. Verder kan ek eenvoudige tekste uit Nederlands en Frans in Engels of Afrikaans vertaal.
Ek is ’n geakkrediteerde vertaler en lid van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut.
Vertaal – Redigeer – Proeflees