Taalpraktisyn
Voorbeelde van my werk
• Letterkunde
Vertaling van kindergedigte uit Afrikaans in Engels
Redigering van jeugboek in Afrikaans: Sterker as die Storm
Vertaling van jeugboek uit Engels in Afrikaans: ’n Soen vir Whitney. Die Afrikaanse vertaling is aanbeveel as leesboek deur die Departement van Onderwys
Redigering en gedeeltelike vertaling van werkboek by bogenoemde jeugboek: Engels en Afrikaans
Redigering van werkblaaie by bogenoemde werkboek :Afrikaans en Engels
Vertaling van memorandums by bogenoemde werkblaaie in Afrikaans
Redigering van toneelstuk gebaseer op bogenoemde jeugboek: Engels
Redigering van die Afrikaanse vertaling van ’n Franse boek oor die lewe van die sendeling Samuel Roland
Redigering en proeflees van verskeie manuskripte vir ’n uitgewery in Bloemfontein: Afrikaans
Vertaling van Franse films in Afrikaans vir oorklanking: SAUK/SABC TV
• Sielkunde
Redigering van talle tesisse: hoofsaaklik Afrikaans, maar ook Engels
Vertaling van opsommings van tesisse: Engels-Afrikaans, Afrikaans-Engels
Vertaling van vraelyste uit Engels en Nederlands in Afrikaans
Vertaling van eksamenvraestelle: Afrikaans-Engels en Engels-Afrikaans
Redigering van sielkundehandboek vir eerstejaarstudente in Afrikaans en Engels
Vertaling van sielkundewerkboek in Afrikaans vir bekende internasionale uitgewery.
Redigering van Afrikaanse en Engelse afdelings van woordeboek oor tegniese Sielkundeterme vir die Taalsentrum van die Universiteit Stellenbosch
• Ander
Redigering van tesisse oor onder meer geskiedenis en tegnologie: Afrikaans en Engels
Vertaling van dokumente vir regsmaatskappye: hoofsaaklik van Engels in Afrikaans
Redigering van ’n verskeidenheid dokumente vir die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
Vertaling en redigering van ’n wye verskeidenheid dokumente aan die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat
Redigering van ’n motorklub se nuusbrief oor ’n tydperk van jare: Afrikaans en Engels
Vertaling en redigering van webruimtetekste
Vertaling van verskeie tekste vir vertalersentrums op die Internet
Vertaal – Redigeer – Proeflees